Nghipunya vat lang draai op borgaansoek

Die voormalige hoof van Fishcor en Fishrot-beskuldigde Mike Nghipunya het ‘n aansoek in die hoërhof gebring om sekere bepalings in die strafregtelike wetgewing te verwyder. Volgens sy stukke is die bepalings wat verdagtes in aanhouding hou voor hulle verhoor of selfs vonnis, teen die bepalings van die Grondwet. Hy vra die hof dat sou daar beslis word dat die hof hom eerder sal wend aan die bepalings van artikel 25 van die Grondwet en die bepalings van die wetgewing ter syde sal stel, dan moet hy onmiddellik op borg vrygelaat word. Die stukke is steeds net geliasseer maar is nog nie op die rol geplaas nie.