Newe-effekte van Pfizer, Moderna word ondersoek

Die Europese Medisyne-agentskap ondersoek die moontlikheid van nuwe newe-effekte van Pfizer en Moderna se Covid-19-entstowwe nadat enkele gevalle voorgekom het. Die agentskap sê die betrokke newe-effekte behels allergiese vel-reaksies en nierontsteking. Hy het verlede maand ook ‘n moontlike verband gevind tussen ‘n baie seldsame hartontsteking en die boodskapper-RNS-entstowwe. Die Europese reguleerder en die Wêreldgesondheidsorganisasie het egter beklemtoon dat die voordele van die entstowwe beduidend swaarder weeg as die risiko’s wat dit inhou.