Neuras wen dubbelgoud by Michelangelo Internasionale Wyntoekennings
Neuras Wyne, een van Namibië se mees vooraanstaande wynkelders, het dubbelgoud gewen vir sy Neuras Ruby Dessert-wyn by die Michelangelo Internasionale Wyntoekennings 2024. Inskrywings word deur ‘n internasionale paneel wynkenners beoordeel. Die erkenning beklemtoon die wynmakery se verbintenis tot die vervaardiging van wêreldklaswyne wat die unieke karakter van Namibië se woestynlandskap weerspieël. Neuras Wyne is deel van die Na’an ku sê-stigting. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Rudie van Vuuren, besturende direkteur van die stigting.