Net sentrale damme vat (bietjie) water

Die sentrale damme het oor die afgelope week effe water ingeneem. Swakoppoort het 2,75 miljoen kubieke meter water ontvang en staan tans op 77,2 persent. Von Bachdam het 86 000 kubieke meter invloei gehad en die dam is op die oomblik op 29,6 persent. Omatako is tans op 5,5 persent na invloei van 1,3 miljoen kubieke meter. In die Ooste het Otjivero 99 000 kubieke meter water ingeneem wat hom op 20,2 persent te staan bring. Hardap het niks water ingeneem nie en is tans op 45,9 persent van kapasiteit. Daar is 2,45 miljoen kubieke meter water onttrek in die afgelope week. Die Nautedam is op 72,8 persent met Oanob op 64,5 persent. Neckartal het 92,4 persent water.