Net R9m by Cyril se plaas gesteel, glo geld vir ‘n buffel wat verkoop is

‘n Beraamde 9 miljoen Suid-Afrikaanse rand is by President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo gesteel, minder as die 62 miljoe rand waaroor vroeër berig is. Media in die buurland berig die geld is betaal aan Ramaphosa se plaasbestuurder, Hendrik von Wielligh, vir die verkoop van een buffel deur ‘n onbekende koper van Dubai. JP Smith van die buurland se grootste wildveiling-besigheid, Wildswinkel, sê dit klink heeltemal normaal vir ‘n buffel om ongeveer 9 miljoen rand te kos, as in ag geneem word ‘n buffelbul is in September 2019 op ‘n openbare veiling vir 30 miljoen rand verkoop. Namibiërs is by die rooftog betrek, en so ook President Hage Geingob, wat alle berigte ten sterkste ontken.