Net ons is emosioneel volwasse genoeg om die land te regeer – PDM

Politieke partye is druk besig om stemme te werf vir die vakante pos by die Erongo-streeksraad nadat Ciske Smith-Howard van die Independent Patriots for Change afgedank is. McHenry Venaani, president van die amptelike opposisie, die PDM-party, sê net hulle is emosioneel volwasse genoeg om die land te regeer. Hy sê dit is hoekom die posisie in die eerste plek vakant is.