Net meer as 19 500 nuwe Covid-gevalle in Desember aangemeld

Namibia Fact Check het ‘n ontleding van die plaaslike Covid-syfers vir Desember gedoen. Volgens die beskikbare syfers is 19 596 gevalle in Desember aangemeld met 1 671 herinfeksies. ‘n Totaal van 14 persent van die jaar se infeksies is gedurende die maand bevestig. Daar was ‘n daaglikse gemiddeld van 632 infeksies teenoor tien wat daagliks in November bevestig is. Teen die einde van die maand was daar 323 hospitaliserings teenoor 12 teen einde November. Daar was 35 pasiënte in hoësorg teen die einde van die maand teenoor een einde November. ‘n Totaal van 72 sterftes is gedurende die maand bevestig teenoor 19 in November. Die maand het ook 6 432 pasiënte wat herstel het bevestig, teenoor 907 in November.