Net een Covid-sterfte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte van ‘n 39-jarige man van Windhoek aangemeld, asook 51 nuwe gevalle uit 996 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 5,1 persent is. In die groep is 20 leerders, ses onderwysers en een student. Daar is nou 1 477 aktiewe gevalle, waarvan 140 in hospitale en 16 in intensiewesorgeenhede is. Altesaam 231 283 mense het hul eerste dosis Covid-entstof ontvang en 41 295 is ten volle ingeënt. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste syfers.