Net 26% van Swakopmunders stem, hoe gemaak in 2024?

Sommige inwoners van Swakopmund het geen belangstelling in die tussenverkiesing getoon nie en sê dit is ‘n mors van tyd. ‘n Skamele 9 918 stemme is uitgebring wat 26,5 persent van die kiesersbasis verteenwoordig. Maar, terwyl die Swakopmund-verkiesing waarskynlik binnekort geskiedenis sal wees, wat gaan politieke partye doen om die kiesers se houdings voor die 2024-verkiesing te verander en hulle te oortuig om te stem? Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, praat met Kosmos 94.1 Nuus.