Nes plaaslik, word landbou in SA voorgehou om armoede te bekamp

In een van die ANC se beleids-besprekingsdokumente wat vrygestel is, is aangedui dat landbou ‘n belangrike sektor van die Suid-Afrikaanse ekonomie bly. Dit hou die potensiaal in om baie arm Suid-Afrikaners uit armoede op te hef deur verhoogde voedselproduksie, lewendige ekonomiese aktiwiteit en werkskepping. Wandile Sihlobo, die hoof-ekonoom van die Landbou Sakekamer van Suid-Afrika, gee sy mening oor die groei van die landbou-sektor en regverdige grondhervorming aan Kosmos 94.1 Nuus.