Nes Namibië, sukkel SA ook met ontwikkelingsplanne

Die Beplanningskommissie in Suid-Afrika sê hy is besig met die voltooiing van die Nasionale Ontwikkelingsplan. Dit is nou tien jaar na die aanvaarding van die plan en die regering loop onder kritiek deur omdat hy nie die teikens in die plan gehaal het nie. Die kommissie het ‘n spitsberaad gehou om maniere te vind vir ‘n verbetering in die implementering van die NOP. Die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluasie, Maropene Ramakopa, sê die plan was op sommige gebiede suksesvol: