Nersa sal Appèlhof ander oor tariewe
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika sê hy gaan die Appèlhof nader oor die beslissing dat die metode waarvolgens die styging in elektrisiteitstariewe bepaal word, onwettig is. AfriForum het die saak aanvanklik by die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien wat bevind het die tariefverhogings is nie gebaseer op koste-van-voorraad-studies soos die wet vereis nie. Nersa se uitvoerende hoof, Nomalanga Sithole, sê hulle glo die hof se besluit hou ernstige gevolge in vir die bedryf as geheel.