Nelson Mandela-stigting het glo voordeel getrek uit omstrede wapentransaksie

Voormalige president Jacob Zuma van Suid-Afrika se regspan het na wat berig word die Nelson Mandela-stigting uitgewys as een van dié stigtings wat voordeel getrek het uit die omstrede wapentransaksie in die 1990’s. Zuma en die Franse wapenmaatskappy Thales staan tereg op aanklagte van korrupsie wat verband hou met bedrog van miljarde rande. Volgens berigte is Zuma se regspan ook in besit van briewe waarin ander organisies uitgewys word wat onregmatig baat gevind het hierby. Daar is mense wat beweer dit is slegs ‘n slenter van Zuma om skuld op ander te plaas.