Nekongo doodstil oor sy SPYL-makker se korrupsieklag

Die Swapo Jeugliga se sekretaris-generaal Ephraim Nekongo wou geen kommentaar lewer oor die aantygings teen een van sy lede Sylas Mungoba nie. Mungoba, deel van die liga se Khomas-leierskap, het vandag ‘n formele aansoek om borg in die landdroshof gebring na hy op 19 Julie verskyn het op klagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg. verskyn het. Hy word daarvan beskuldig dat hy die Affirmative Repositioning-beweging probeer omkoop het om ‘n protesaksie te hou. Mungoba het na bewering 8 000 Namibiese dollar aan Pau Pau Katanga van die beweging gebied om teen die regbank op te ruk vir die vrylating van die Fishrot-bekuldigdes. Dit sou gepaard gegaan het met ‘n sosiale media-veldtog. Nekongo het navrae na die Khomas-leierskap verwys.