Nehawu vies oor optrede teen beamptes wat by Digital Vibes betrek word

Die buurland se nasionale vakbond vir onderwys, gesondheid en verwante werkers, Nehawu, sê hy is kwaad oor die nasionale Gesondheidsdepartement se besluit om twee senior beamptes se posvlak te verlaag omdat hulle by die Digital Vibes-skandaal betrek word. Die beamptes is ná ‘n tugverhoor skuldig bevind. Nehawu se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê hulle het verwag die departement sal deur duidelike, regstellende maatreëls ‘n sterk boodskap stuur dat hy nie wangedrag, korrupsie en wanbestuur van openbare hulpbronne sal duld nie: