Negende SANW-lid vas oor oorgrens-smokkelary van voertuie

‘n Negende lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in hegtenis geneem in verband met die oorgrens-smokkelary van voertuie. Die ander is in Junie in Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap vasgetrek. Dit volg na optrede deur die Valke, die nasionale intervensie-eenheid en weermaglede tydens die projek, Night Vigil. Die Valke se woordvoerder, Matimba Maluleke, sê die beskuldigdes was tussen 2017 en 2019 by die Beitbrug-grenspos in Limpopo ontplooi.