Nege verdagtes vas in verband met rooftogte op Okahandja

Die Namibiese polisie het nie op hulle laat wag na twee rooftogte Maandag by Agra en die inkoopsentrum op Okahandja nie. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, is nege verdagtes in hegtenis geneem wat verbind word met die twee rooftogte. Een van die vermeende Agra-rowers het ‘n skietwond in sy skouer en hy is na die Okahandja-staatshospitaal geneem waar die koeël uit sy skouer verwyder is.