Nege Namibiese atlete reeds in Birmingham vir Statebondspele

‘n Groep van nege Namibiese atlete, ‘n gids en spanbeamptes met ‘n mediese span het in Birmingham, Engeland vir die Statebondspele in 2022 aangekom. Namibiese atlete sal aan atletiek, para-limpiese atletiek, fietsry, boks, rolbal, swem, driekamp, stoei en gimnastiek deelneem by die kompetisie wat op Donderdag, 28 Julie begin en op 8 Augustus eindig. Namibië het ‘n span van 32 atlete, een gids en 22 beamptes en afrigters. Die laaste groep Namibiese atlete sal na verwagting môre na die Statebondspele reis.