Nege deelnemers kul glo by Comrades-marathon 

Padwedlope: Die organiseerders van die Comrades-marathon het bekendgemaak nege deelnemers aan vanjaar se wedloop kan gediskwalifiseer word omdat hulle vermoedelik gekul het. KwaZulu-Natal Atletiek sê hulle het hulle ondersoeke afgehandel na beweerde kullery gedurende die wedloop in Augustus. Die betrokke atlete is gewaarsku en moet binne sewe dae reageer of aan ʼn dissiplinêre proses onderwerp word. Die president van die unie, Steve Mkasi, sê die atlete word daarvan beskuldig dat hulle nie die hele afstand van 90 kilometer gehardloop het nie, want hulle tydplaatjies is nie by sekere beheerpunte geregistreer nie.