NEEEF: Laaste konsultasies is voltooi

Die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê die laaste ronde van die konsultasie oor die Wetsontwerp op Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtiging, bekend as NEEEF, is gefinaliseer. NEEEF is ‘n beleid wat moet dien as ‘n regstellende maatstaf maar die wetsontwerp het groot kritiek uitgelok, ook vanaf vakbonde en is herhaaldelik onttrek en aangepas. Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.