Nedersetting naby Okakarara kry (uiteindelik) elektrisiteit

Na 30 jaar se onafhanklikheid het inwoners van die Otumborombonga-nedersetting in die Okakarara-kiesafdeling in die Otjozondjupa-streek elektrisiteit gekry nadat die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, die krag amptelik aangeskakel het. Altesaam 167 huishoudings, winkels, kindergartens en ‘n boorgat vir die gemeenskap baat by die landelike elektrifiseringsprogram wat nege miljoen Namibiese dollar gekos het.