Nederland stel weer gedeeltelike beperkings in oor stygende Covid-19-gevalle

Nederland het bekendgemaak dat die land van vandag af weer gedeeltelike beperkings
ingevolge Covid-19 regulasies begin toepas. Die besluit is volgens die waarnemende
premier Mark Rutte geneem in die lig van die skerp toename in Covid-19 gevalle die
afgelope tyd. Rutte, sê beperkings word weer vir drie weke ingestel.