Nederburg belê in restaurantsektor

Die bekroonde Wes-Kaapse wynlandgoed Nederburg gaan byna ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee om eters aan te moedig om weer hulle gelisensieerde eetplekke te besoek. Dit is deel van ‘n veldtog om die beleërde restaurantsektor ‘n hupstoot te gee. Die bemarkingsbestuurder, Jackie Olivier, sê restaurante is onder dié wat die swaarste getref is deur die pandemie. Hulle hoop die veldtog sal mense oortuig om weer uit te eet. Nederburg werk landwyd saam met sowat 150 restaurante. Hy gee met behulp van sekere kleinhandelaars geskenkbewyse van 600 000 rand weg wat in Augustus en September by deelnemende ondernemings verhaal kan word. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *