Neckartal loop vol, ander damme neem oop water in

Namibië se damme bly in die nuus. Volgens NamWater staan Von Bachdam tans op 46,7 persent en het tot dusver vandag 27 000 kubieke meter water ingeneem. Gister is invloei op 55 000 kubieke meter gemeet. Swakoppoort is 76 persent vol. Friedenau net wes van Windhoek is tans op 79,4 persent en het die dam 179 000 kubiek Woensdag ingeneem. In die Suide stel die Mariental munisipaliteit op die oomblik 300 kubieke meter water per sekonde vry en Hardap is tans op 72,6 persent van kapasiteit. Die Neckartaldam is 94,3 persent vol en die water, sou die dam vol loop, sal oor die damwal loop, volgens die dam se ontwerp. Die wal het eintlik turbines om elektrisiteit op te wek vir besproeiing maar die grond vir die 5 000 hektaar aanleg is nog nie bekom nie en dus word die water nie uitgepomp nie. Oanob by Rehoboth neem ook op die oomblik water in, tans op 162 000 kubieke meter vandag gemeet, en staan op 75,3 persent.