Ndonga Linena-kiesafdeling se stembriewe word oorgetel

Die Swapo Party het ‘n beroep op die Verkiesingskommissie van Namibië gedoen om nuwe verkiesings vir die Ndonga Linena-kiesafdeling in die Kavango-Oos-streek te organiseer. Die hoërhof het die uitslag van die plaaslike verkiesing in dié kiesafdeling vroeër ongeldig verklaar het. Die Swapo-kandidaat, Kampota Shiwana, is ook as die wenner ook ongeldig verklaar. Die Verkiesingskommissie sal die hofbevel uitvoer en die stembriewe Donderdag 23 September in die teenwoordigheid van alle politieke partye oortel. Die Independent Patriots for Change se nasionale voorsitter, Brian Black, gee sy mening oor dié blaps van die Verkiesingskommissie.