NDF rand blykbaar Zambezi-inwoners aan

Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu het aan plaaslike media bevestig dat inwoners van sy streek sê hulle is deur lede van die Namibiese weermag aangerand. Hy sê die lede is deel van die groep soldate wat ontplooi is om die grens met Botswana te patrolleer om te verhoed dat die buurland se weermag Namibiërs teister en intimideer. Sampofu sê daar is ook berigte dat die soldate alkohol misbruik en jong kinders in die gebied molesteer. Van die inwoners in die gebied sê ook hulle maak allerhande reëls soos niemand mag na vyfuur namiddag meer bees laat wei nie. Die minister, Frans Kapofi het sy skok oor die insidente uitgespreek en sê ‘n ondersoek sal onmiddellik gelas word.