NBL staan padveiligheid oor feestyd by

Namibia Breweries Limited het ‘n vennootskap met padveiligheidsbelanghebbendes aangegaan vir sy 18de jaarlikse Feesseisoen Padveiligheidsveldtog. Hiermee wil die brouerye verantwoordelike drinkgewoontes bevorder en beklemtoon dat jy nooit moet drink wanneer jy bestuur nie. NBL het onlangs 200 000 Namibiese dollar tot die Motorvoertuigongelukkefonds bygedra vir die veldtog. Kosmos 94.1 Nuus het met Surihe Gaomas-Guchu, die woordvoerder van NBL, oor hul pogings gesels.