NBC-staking verby

Die vier weke lange staking van die nasionale uitsaaier, NBC, is amptelik verby. Die betrokke vakbond, Napwu, se takbestuurder van die sentrale streek, Alpha Murangi, het dit bevestig en die hangende hofsaak teen NBC is ook onttrek. NBC-werkers is egter nie gelukkig met die uitkoms nie en meen die vakbonde het hulle gefaal. Die werkers erken hulle het die geveg verloor, maar moet teruggaan werk toe.