Navorsers ontdek proteïen wat krities is in stryd teen Covid

Die jongste navorsing toon dat ‘n proteïen genaamd CD-47 voorkom op beskadigde selle in Covid-pasiënte met ernstige infeksies en dat die proteïen verhoed dat die pasiënt se immunstelsel die beskadigde selle verwoes. Luidens die publikasie in die vaktydskrif Current Issues in Molecular Biology, kan medikasie wat CD-47 teiken, beter Covid-behandelings beskikbaar kan stel. Volgens die navorsers is die spesifieke proteïen ook teenwoordig in ouer mense, en persone met diabetes, hoë-bloeddruk en trombose. CD-47 werk ook saam met ‘n ander proteïen in Covid-pasiënte, SIRP-alpha wat ook verhoed dat die immunstelsel siekselle teiken. Die navorsers sê hulle wil nou ondersoek instel na die verband tussen die twee.