Natty verloor in die 12de ronde met tegniese uitklophou

Die Britse bokser Nick Ball het sy Wêreld-boksraad silwer veergewigtitel behou nadat hy die Namibiër Nathanael ‘Natty’ Kakololo met ‘n tegniese uitklophou in die twaalfde ronde in Londen gewen het. Die 33-jarige Kakololo het die uitdaging van die geveg slegs drie weke gelede aanvaar nadat Ball se landgenoot Nathaniel Collins weens ‘n besering uit hul Britse titel-stryd onttrek het.