NATIS-kantore Maandag weer oop

Die Paaie-owerheid het aangekondig dat NATIS-kantore landwyd met besprekings vir leerling- en bestuurslisensies van Maandag af weer sal voortgaan. Hileni Fillemon, die bestuurder van korporatiewe kommunikasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is belangrik dat Covid-maatreëls steeds gevolg word deur nie massas mense by hulle kantore toe te laat nie.

Fillemon gee meer duidelikheid oor leerlinglisensies wat tussen 1 Julie en 6 Augustus verval het.