NATIS-kantore landwyd vir besprekings vir leerling- en bestuurslisensies môre weer oop

Die Namibiese Paaie-owerheid het bekendgemaak dat NATIS-kantore landwyd met besprekings vir leerling- en bestuurslisensies vanaf môre sal voortgaan. Hileni Fillemon, die bestuurder van korporatiewe kommunikasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is belangrik dat Covid-maatreëls steeds nougeset gevolg moet word. Fillemon gee meer duidelikheid oor leerlinglisensies wat intussen tussen 1 Julie en 6 Augustus verval het.