Natalie se moeder sal nie vervolg word nie

Die aanklaer-generaal het alle klagtes teen die moeder van Natalie Chipomho, Rachel Kureva, laat vaar maar, Edward Nkata en sy vrou Caroline sal in die hoërhof op ses klagtes verhoor word. Dit volg na die dood van die negejarige Natalie wie se gebrande liggaam in ‘n asdrom in Windhoek Noord gevind is in Januarie 2020. Edward het Chipomho na bewering tuis aangerand en doodgeslaan. Die eerste voorverhoor sal op 17 Februarie plaasvind. Die Nkata-egpaar het onskuldig gepleit.