Nasionale Weerstandsfront ontken Taliban die hele land beheer


Die Nasionale Weerstandsfront in Afghanistan ontken die Taliban se aanspraak dat hy nou die hele land beheer nadat die laaste gebied wat deur weerstandsmagte beheer is, oorgeneem is. Volgens die Weerstandsfront is sy magte steeds in strategiese posisies in die Pansjhir-provinsie teenwoordig en die stryd vir geregtigheid en vryheid sal voortgaan. ‘n Taliban-woordvoerder, Zabihullah Mujahid, sê die hele gebied is oorwin en ‘n aantal mense is dood terwyl die res gevlug het. Hy beweer daar was geen burgerlike ongevalle nie.