Nasionale Vergadering – alles is gereed

Die vierde sessie van die sewende parlement hervat vanmiddag om halfdrie ná die Nasionale Vergadering sedert Junie in reses weens die Covid-pandemie was. Die Nasionale Vergadering sal tot 25 November in sitting wees. David Nahogandja, die parlement se woordvoerder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus, alles is gereed vir die sessie om te hervat.