Nasionale Taxi-alliansie besluit nog oor landwye optrede in SA

Die Nasionale Taxi-alliansie in die buurland het nog nie aangedui of hy ten gunste is van môre se beplande landwye optrede nie. Taxi-verenigings wat by die NTA geaffilieer is, het met ʼn raadplegende proses oor taxi-tariewe begin, asook oor ander kwessies wat met die bedryf verband hou. Volgens hulle woordvoerder, Theo Malele, het taxi-verenigings in Soweto vergader om oor die toekoms te besin, in die lig van skerp brandstofprysstygings.