Nasionale Raad keur Wetsontwerp op Toegang tot Inligting goed

Die Namibiese inligtingsministerie het die goedkeuring van die Wetsontwerp op Toegang tot Inligting deur die Nasionale Raad, verwelkom. Die wetsontwerp is met geringe wysigings goedgekeur. Die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie, dr. Audrin Mathe, het in ‘n mediaverklaring gesê sodra die wet bekragtig word, sal dit Namibiërs in staat stel om toegang tot strategiese inligting te kry. Die kantoor van die onafhanklike inligtingskommissaris sal nou gevestig word.