Nasionale Raad gaan nou wetsontwerpe hersien

Die voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha, sê raad sal vir twee weke in sitting wees om te kyk na verskeie wetsontwerpe en mosies, sowel as verslae wat deur die Nasionale Vergadering verwys is. Tydens hierdie sessie sal die Nasionale Raad wetsontwerpe van die NV oorweeg. Tydens sy vier maande lange reses het Nasionale Raadslede hul toesigpligte uitgevoer, ‘n aantal streeksbesoeke uitgevoer en met regeringskantore, ministeries en agentskappe vergader.  Immanuel Kooper, die adjunk-direkteur vir navorsing en inligtingsdienste van die raad, sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter wetsontwerpe sal hersien word.