Nasionale Jeugdiens gaan onwettige heinings verwyder

Die Namibiese landbouministerie gaan die Nasionale Jeugdiens inspan om tien onwettige heinings in die streke van Ohangwena en Kavango-Wes te verwyder. Slegs een heining word in Ohangwena verwyder, terwyl die ander nege in Kavango-Wes verwyder sal word. Die verwydering van die heinings sal môre begin en vir vyf dae duur. Onwettige omheining van kommunale grond is ‘n uitdaging in die meeste streke, aangesien groot gebiede weiveld omhein word. As gevolg daarvan het die owerhede ‘n boete-verhoging voorgestel vir onwettige heinings in die kommunale gebiede. Die boete is van 4 000 Namibiese dollar tot 15 000 dollar verhoog.