Nasionale Begrafnisvereniging van SA hou optog

Begrafnisondernemers wat lid is van die Nasionale Begrafnisvereniging van Suid-Afrika het vandag ‘n optog gehou na die Finansiële Sektor Gedragsowerheid se hoofkantoor in Pretoria. Die organiseerders het gedreig dat die optog tot gevolg kan hê dat alle lykshuise in Gauteng, Noordwes en Mpumalanga gesluit word. Die ontevrede begrafnisondernemers eis dat die owerheid versekeringseise vir geskeduleerde begrafnisse vinniger afhandel. ‘n Woordvoerder, Mdu Masilela, sê hulle wil ook hê die instelling moet ophou om finansiële makelaars te gebruik.