Nasa begaan ‘n boe-boe
Nasa het per abuis, tydens toetse om die baan van ‘n asteroïde te verander, ‘n storm van rotse ontketen. Wetenskaplikes het bevind dat verlede September, toe Nasa ‘n ruimtetuig in die asteroïde Dimorphos neergestort het om sy baan aan te pas, het dit ook 37 rotse, wat tans teen amper 21 000 kilometer per uur deur die ruimte beweeg, losgeruk het. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-afdeling by Unam, gesels.