Napwu: Minister van finansies mislei publiek oor salarisverhogings

Die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, se sekretaris-generaal Petrus Nevonga sê die unie is ontsteld oor die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, wat die indruk geskep het dat vakbonde ingestem het vir geen salarisverhogings vir staatsdienswerkers vir die 2021-2022 boekjaar nie. Nevonga sê Shiimi is verkeerd en mislei die publiek, want onderhandelinge vir salarisverhogings duur steeds tussen die regering en vakbonde voort.