Napwu lidmaatskap daal skerp na NBC-staking

Namibiese vakbonde verkeer onder druk met werksverliese en ekonomiese uitdagings wat veroorsaak dat lidmaatskap nie betaal word nie of, dat lede eenvoudig die vakbond verlaat. Die openbare werkers vakbond Napwu het dieselfde uitdagings maar dit is volgens berigte vererger deur die verlies van 109 lede by die NBC na die mislukte staking wat onlangs vir meer as ‘n maand geduur het. Die werkers het na bewering by die ander openbare werkers vakbond, die PSUN aangesluit. Op die oomblik het Napwu ook sy meerderheid van 51 persent by die nasionale uitsaaier verloor en het tans het 45,5 persent verteenwoordiging. Die uitsaaier se direkteur-generaal Stanley Similo het aan media gesê Napwu het tot September om sy lidmaatskap te herstel anders verval die ooreenkoms. Die werkers het sonder betaling gestaak en het ook nie die verhoging gekry waarvoor hulle geëis het nie.