Napha hou jaarvergadering en jy is welkom
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, hou van 2 tot 4 Desember sy algemene jaarvergadering en vier ook sy 50ste bestaansjaar. Die vereniging is in 1974 gestig om jag in Namibië te bevorder asook om Namibië in die buiteland as jagbestemming bekend te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz van Napha gesels wat die publiek nooi om deel te wees van die vieringe.