Napha bied kursusse vir jaggidse en professionele jagters aan

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging bied twee kursusse vir jaggidse en professionele jagters aan. Die kursusse vind onderskeidelik plaas vanaf 4 tot Oktober en 25 Oktober tot 5 November. Registrasie vir inskrywings moet voor 30 September plaasvind. Die amptelike eksamens van die omgewingsministerie vind op 9 November plaas en word in Engels geskryf. Nicole Schwandt van Napha verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.