Nanso vergader met Unam, IUM, ministerie oor registrasiefooie

Die leierskap van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, Unam se studenteraadslid vir finansies en die International University of Management se studenteraadspresident, het met die waarnemende uitvoerende direkteur van hoër onderwys vergader om die stygende studenteregistrasiefooie te bespreek. Dit het daartoe gelei dat baie studente weens die hoë koste nie hul opleiding kon voortsit nie. Nanso bepleit laer fooie om meer studente die geleentheid te gee om hul studies voort te sit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jessy Abraham, Nanso se skakelbeampte.