Nanso vergader met ministerie van hoër onderwys

Die nasionale uitvoerende komitee van die studente-organisasise, NANSO, onder leiding van hul president Lucia Ndishishi, het ‘n amptelike hoflikheidsbesoek aan die ministerie van hoër onderwys gebring. Die span is ontvang deur dr. Alfred van Kent, uitvoerende direkteur in die ministerie. Die doel van die besoek was om die nuwe komitee bekend te stel en om voort te bou op die bestaande werksverhouding. In die vergadering het hulle onder meer kwessies van studente-finansiering, verblyf, registrasie en eksamens bespreek. Nanso se nasionale woordvoerder, Dorothea Nangolo gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Nangolo sê hulle het ook die kwessie bespreek van gegradueerdes wat werkloos is weens ‘n gebrek aan vaardighede.