Nanso het kommer oor Covid onder leerders

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het tydens die jongste Covid-verslag aangekondig dat uit die 89 nuwe gevalle, 50 leerders is. Die helfte daarvan is van die Shidute Gekombineerde Skool op Eenhana, 12 is van die Otjiuaneho Primêre Skool in die Gobabis-distrik en die res is van skole landwyd. Drie onderwysers het ook positief getoets. Die woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Dylan Mukoroli, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Nanso is bekommerd oor die positiewe gevalle onder leerders.