Nangolo Mbumba herdenk vandag sy 82ste verjaardag
Adjunkpresident Nangolo Mbumba vier vandag sy 82ste verjaardag. Hy is op 15 Augustus 1941 op Olukonda in die Oshikoto-streek gebore. Mbumba is die tweede visepresident van Namibië en het voorheen in verskeie ministeries gedien soos landbou, finansies, inligting, onderwys en veiligheid en sekuriteit. Hy was vanaf 2012 tot 2017 die sekretaris-generaal van die Swapo-party. Kosmos 94.1 Nuus het met eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila gesels, wat Mbumba ‘n gelukkige verjaardag toewens.