Nandi-Ndaitwah verseker vrede met Botswana

Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het vandag in die Nasionale Vergadering haar antwoord gegee op ‘n vraag oor die vergadering met haar eweknie van Botswana wat in Katima Mulilo gehou is oor die kwessie van Namibiese burgers langs die Choberivier wat deur die Botswana weermag geïntimideer word. Sy het sê sedert hul vergadering is daar vrede in die streek en sy glo dit sal so voortduur.